4 September

  • 1899: Mary Elizabeth Barber, wêreldbekende plantkundige en entomoloog, sterf op die ouderdom van 81 in Malvern, Natal. Barber het onder meer ʼn waardevolle bydrae tot Charles Darwin se boek, On The Origin of Species (1859), gelewer.
  • 1939: Suid-Afrika skaar hom by die Geallieerde Magte en sluit amptelik by die Tweede Wêreldoorlog aan nadat die oorlog met die Duitse inval in Pole op 1 September 1939 uitgebreek het. 
  • 1965: Die Springbokke klop die Nieu-Seelandse rugbyspan 19-16 in die derde toets in Christchurch. Dié oorwinning volg nadat Suid-Afrika in ʼn stadium 5-16 agter was.