5 April

  • 1652 – Die Drommedaris met Jan van Riebeeck aan boord vaar omstreeks 14:30 om Tafelberg en land die volgende dag amptelik in die Kaap aan.
  • 1881 – Die Verdrag van Pretoria word tussen Brittanje en die ZAR onderteken waarin Brittanje dié Boererepubliek se onafhanklikheid erken.
  • 1896 – Die eerste Olimpiese Spele van die moderne era begin in Athene. Veertien lande het aan dié Spele deelgeneem waaronder Australië, die VSA en Brittanje. Vroue was ook nie toegelaat om aan hierdie Spele deel te neem nie. Een vroulike atleet het egter die dag na die mans marathon plaasgevind het ook die marathon afgelê, maar is nie toegelaat om die stadion binne te gaan nie.