5 Julie

  • 1822: Die taalproklamasie van Lord Charles Somerset, wat bepaal dat Engels die enigste voertaal in alle howe sou wees, word gepubliseer.
  • 1913: Louis Botha en Jan Smuts vertrek na Johannesburg om te bemiddel in die eerste mynwerkerstaking.
  • 1852: Die diamantmagnaat, Barney Barnato, word in Londen gebore as Barnett Isaacs.
  • 1853: Staatsman Cecil John Rhodes word in Hertfordshire, Brittanje gebore.
  • 1989: Die toenmalige hoofminister van die tuisland KwaZulu en leier van die IVP, Mangosuthu Buthelezi, veroordeel Mobil vir sy besluit om aan Suid-Afrika te onttrek.
  • Wêreldnuus: 1865: ʼn Spoedbeperking van 3 km/h word in Brittanje ingestel.