5 Junie 1900 – lord Roberts trek Pretoria binne

Vandag 120 jaar gelede, op 5 Junie 1900, trek lord Roberts se mag sonder teenstand Pretoria, die hoofstad van die ZAR, binne.

Die prysgawe van die stad was ’n groot morele terugslag vir die vegtende Boere. In sy nuwe boek “Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog” skryf Andries Breytenbach dat talle van die stad se inwoners op 5 Junie reeds hul ware kleure gewys het. “Die terugtrekkende kommando’s was nog nie behoorlik uit die stad nie toe sommige van die voorste burgerlike amptenare om 09:00 vir Roberts by Pretoria-stasie tegemoetgegaan en gedienstig hul bereidwilligheid om die stad aan hom oor te gee, te kenne gegee het … Daar was selfs gewapende burgers wat gretig gewag het om hul wapens oor te gee. Met hoede eerbiedig omhoog gelig, het die skare goedkeurend toegekyk hoe die Union Jack onder die orkesgeklank van “God save the Queen” al hoër teen die vlagpaal opgerys het.”

Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog is die derde boek in Kraal Uitgewers se gewilde Kraal Histories-reeks. Die reeks staan onder redaksie van Fransjohan Pretorius. Besoek Kraal Uitgewers se e-winkel om joune te bestel.

(Foto: Die inname van Pretoria op 5 Junie 1900 met marsjerende Britse troepe op Kerkplein.)