6 April

  • 1652 – Jan van Riebeeck land in die Kaap aan. Hy land met die skip die Drommedaris daar aan. Die Goede Hoop land dieselfde dag aan, terwyl die Reijger eers die volgende dag in die Kaap aankom.
  • 1874 – Gerhardus Cornelis Oosthuizen koop ʼn deel van die plaas Lang Leegte. Dit is op hierdie plaas wat die hoof-goudrif van die Witwatersrand later ontdek is. Hy koop die plaas aan vir £100.
  • 1959 – Die FAK se Afrikaanse fees met die titel “Die Wonder van Afrikaans” begin op dié dag en duur tot 30 Mei.
  • 1984 – Suid-Afrika se kaalvoetatleet, Zola Budd, kry Britse burgerskap wat haar die geleentheid gee om aan die Olimpiese Spele in Los Angeles te kan deelneem.
  • 1999 – Die waarheids- en versoeningskommissie weier die aansoeke van 79 ANC-leiers wat aansoek gedoen het om amnestie na aanleiding van hul growwe menseregteskendings.