6 Augustus

  • 1896 – Elektriese trems wat uit die VSA ingevoer is, word die eerste keer tussen Adderleystraat en die voorstad Mowbray ingespan.
  • 1990 – Die ANC kondig aan dat alle militêre aanvalle gestaak gaan word as deel van vredesonderhandelinge met die regering.
  • 1997 – Weens ’n kleiner begroting moet die Suid-Afrikaanse Lugmag die Mirage-vegvliegtuig begin uitfaseer.
  • 1999 – Jaap Bekker, voormalige Springbok-voorryman, sterf in die ouderdom van 74 jaar in Pretoria.