6 Julie

  • 1865: Die Pretoria Rifle Corps (ʼn vrywilligerskorps vir die beskerming van Pretoria en omgewing) word in Pretoria gestig.
  • 1916: Die Afrikaanse skrywer Audrey Blignaut is in Bredasdorp gebore. Gedurende haar loopbaan is sy vir verskeie van haar boeke vereer met onder meer die Eugène Maraisprys (1961) vir In klein maat en Die vrolike lied, sowel as die W.A. Hofmeyrprys (1965) vir Met ligter tred.
  • Wêreldnuus: 1957: Die sanger John Lennon vra Paul McCartney om deel van die groep The Quarrymen te word. Dié groep is in 1956 gestig en het in 1960 verander na The Beatles.