6 Junie 1933 – 1ste inrybioskoop ter wêreld in die VSA geopen

Op 6 Junie 1933 word die eerste inrybioskoop ter wêreld in New Jersey in die VSA geopen.

Dit sou meer as 20 jaar later eers aan Suid-Afrikaanse gehore bekendgestel word. Volens die Suid-Afrikaanse regisseur, vervaardigers en skrywer Cedric Sundstrom het dié vorm van bioskope eers in die laat 1950’s sy verskyning in Suid-Afrika gemaak. Die laaste inryteater in Suid-Afrika, wat op die dak van die Menlyn-inkopiesentrum in Pretoria gehuisves was, het in 2014 sy deure gesluit. In die gloriedae van inrybioskope was daar nagenoeg 50 inryteaters landwyd.

Onthou jy dit nog? Watter rolprente het jy nog by die inry gekyk en waar was dit?