6 Oktober

  • 1887: Die bekende Voortrekker-onderwyser, Jan Bandjes, wat onder meer skool gehou het vir die latere presidente M.W. Pretorius en Paul Kruger, sterf in die ouderdom van 70 jaar in Potchefstroom.
  • 1900: Nadat president Paul Kruger die ZAR tydens die Anglo-Boereoorlog verlaat en na Europa gegaan het om steun vir die Boererepublieke te werf, word hy op dié dag, te midde van groot kritiek deur sy ondersteuners in Europa, ʼn ontmoeting met die Duitse keiser, Wilhelm II, geweier.
  • 1900: Kommandant-Generaal Louis Botha stuur ʼn sterk bewoorde proklamasie uit waarin hy die burgers maan om hulle nie aan valse gerugte oor president Kruger se vertrek na Europa te steur nie. Hy hou vol dat die ZAR steeds bestaan en dat die burgers nie die stryd gewonne moet gee nie. Hy beveel sy offisiere om alles in hul mag te doen om te voorkom dat die burgers die wapen neerlê.
  • 1902: Die spoorlyn wat Kaapstad en Beira in Mosambiek met mekaar verbind, word voltooi. Die totale lengte van die spoorlyn is 3 200 km.
  • 1943: Skrywer en joernalis Gustav Preller sterf in die ouderdom van 68 op Pelindaba buite Pretoria.