6 September

  • 1900: Redvers Buller, Britse soldaat in die Anglo-Boereoorlog, verower Lydenburg na die Slag van Bergendal wat in die laaste week van Augustus plaasgevind het. Bergendal word as een van die laaste groot slagtings van dié oorlog beskou, voordat die oorlog se guerrillafase begin het.
  • 1958: Die Aula, die ouditorium by die Universiteit van Pretoria, word deur dr. E.G. Jansen, goewerneur-genraal van Suid-Afrika, geopen. Mimi Coertse, wêreldbekende operasanger, tree tydens die opening op.
  • 1966: H.F. Verwoerd, eerste minister van Suid-Afrika, word in ʼn sluipmoordaanval in die parlement doodgesteek. Dimitri Tsafendas, die sluipmoordenaar, is nooit gevonnis nie, maar waansinnig verklaar. Hy is met skisofrenie gediagnoseer. Verwoerd is deur B.J. Vorster opgevolg.