7 April 1886 – Juta stigter oorlede

Die vader van uitgewerswese in Suid-Afrika, Jan Carel Juta, is vandag 134 jaar gelede, op 7 April 1886 op 52-jarige ouderdom in Londen oorlede.

Juta, ’n regsgeleerde en die stigter van die oudste uitgewersmaatskappy in Suid-Afrika, is in 1824 in Nederland gebore. In 1853 vaar hy saam met sy vrou, Louise (Karl Marx se suster), na die Kaap en begin die uitgewer J.C. Juta and Co. Die uitgewer wat vandag nog aan die voorpunt van die uitgewerswese vir die regte staan, publiseer reeds in 1864 hul eerste regspublikasies. Sy eerste winkel was geleë op die hoek van Burg- en Walestraat in Kaapstad en het onder meer Bybels, skryfbehoeftes, sigare en parfuum te koop aangebied. ’n Tweede winkel is 35 jaar later in Johannesburg geopen en hier is boeke, tydskrifte, plate en selfs klaviere verkoop. In 1869 is die eerste “Juta’s Law Reports” gepubliseer, terwyl ook opvoedkundige boeke op hierop gevolg het. 

Lees ’n volledige geskiedenis van dié uitgewer hier.

(Foto: Jan Carel Juta; en die J.C. Juta-winkel in Kaapstad teen omstreeks 1860. Bron: Wikiwand, Juta.co.za)