7 Augustus

  • 1795 ― ʼn Histories dag vir Afrikaans. Die eerste geskrewe voorbeeld van Afrikaans verskyn in ʼn gedig genaamd “Lied ter ere van de Swellendamsche en diverse andere helden bij de bloedige actie aan Muisenberg in dato 7 Aug. 1795”.
  • 1963 ― Die Verenigde Nasies versoek alle lidlande om die verskaffing van wapens aan Suid-Afrika te staak, weens kommer oor die hoeveelheid wapens in die land.
  • 1999 ― Die Springbokke verloor ʼn vierde agtereenvolgende wedstryd toe hulle 34 – 18 deur Nieu-Seeland op Loftus Versfeld geklop is.