7 Julie

  • 1940: Federale Volksbeleggings word gestig.
  • 1501: João de Nova, ʼn Portugese seevaarder, vind ʼn skoen aan ʼn witmelkhoutboom in Mosselbaai. ʼn Brief is in die skoen gestoor. Die brief is die jaar vantevore deur ʼn bevelvoerder van ʼn skip van Pedro Alvares Cabral geskryf. In die brief beskryf die bevelvoerder die verdrinking van Bartholomeu Dias. Dié witmelkhoutboom word as Suid-Afrika se eerste posbus beskou.
  • 1890: Albertus Johannes Roux van Rijn, die eerste hoofredakteur van die dagblad Die Volksblad, word op Vanrhynsdorp gebore. Van Rijn het dié pos vir 23 jaar beklee.
  • 1998: Een van die veiligheidspolisie se mees gevreesde ondervraers, brigadier Theuns Swanepoel, ook bekend as Die Rooi Rus, sterf in die ouderdom van 70 jaar in Roodepoort. Volgens ʼn Beeld-artikel was Swanepoel bekend vir sy bydrae op die grens en het hy sy bynaam gekry te danke aan sy rooi gelaatskleur en na aanleiding van die stryd wat hy teen kommunisme gevoer het.
  • Wêreldnuus: 1898: Amerika annekseer Hawaii.