7 Oktober 1885 – Fanie Eloff is gebore

Fanie Eloff was ’n gesiene Suid-Afrikaanse beeldhouer. Hy is in die Transvaal gebore en was ’n kleinseun van Paul en Gezina Kruger. Een van sy bekendste werke is die borsbeeld van Genl. Koos de la Rey wat onlangs by sy graf in Lichtenburg gesteel is. Na opdrag van die FAK is ‘n replika gemaak en hierdie beeld is op 15 September 2021 onthul.
 
Lees verder hier https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/boeregeneraal-se-graf-opgeknap/?fbclid=IwAR1YxZfj-qahzAX7I4_fEgHAxvuTNYGSgkCqW7QIWHl5oJJgRJXgLhNRHaE