8 April

  • 1900 – ʼn Kennisgewing wat op 5 April uitgereik is kondig aan dat die hawe-gebied van St. Helena se hoofhawe “out of bounds” is, aangesien daar op die aankoms van die eerste Boere-krygsgevangenes van die Anglo-Boereoorlog gewag word. Die gevangenes was hoofsaaklik betrokke by die oorgawe by Paardenberg en het aan boord van die Milwaukee in St. Helena aangekom.
  • 1960 – Die ANC en die PAC word tot verbode organisasies verklaar na aanleiding van die voorvalle by Sharpeville en Langa.
  • 1989 – Die Demokratiese Party word in Johannesburg gestig en volg op die samesmelting van die Porgressiewe Federale Party, die Onafhanklike Party, die Nasionaal-Demokratiese Beweging en die Vierde Mag van “Ontevrede Afrikaners”.