8 Mei 1925 – Afrikaans amptelik as taal erken

Vandag 95 jaar gelede, op 8 Mei 1925, word Afrikaans as ’n amptelike taal erken.

Afrikaans is vandag nog die hartstaal van miljoene Suid-Afrikaners. Volgens syfers wat in 2019 deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is oor die tale wat Suid-Afrikaners praat, is onder meer bevind dat nagenoeg 12,2% van alle Suid-Afrikaners Afrikaans tuis praat. Afrikaans is die huistaal van nagenoeg 77,4% van die bruin bevolking, terwyl sowat 61,2% van wit Suid-Afrikaners Afrikaans as hul huistaal erken. Afrikaans is, gebaseer op die aantal moedertaalsprekers, die derde grootste taal in die land. Sowat 25,3% van mense praat Zoeloe, terwyl 14,8% van mense Xhosa tuis praat en 12,2% Afrikaans. (Bron: Afrikaans.com)

Kraal Uitgewers spog met topgehalte Afrikaanse boeke en produkte. As jy die hart van Afrikaans wil ontdek en waarlik jou taalerfenis wil vier, is die volgende vir jou:  

Hoe ‘n taal gemaak word

  • Ons gaan ’n taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare is die omvattende werk oor die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans deur die hoog aangeskrewe taalwetenskaplike en digter, J.C. Steyn. Dié boek gaan soek na die nederige bestaan van Afrikaans die kombuistaal en volg die uitdagende roete tot by die vestiging daarvan as ’n wetenskapstaal, kunstetaal en hartstaal van meer as 7 miljoen eerstetaalsprekers.
  • Die wonder van ’n nuwe taal in Afrika (dubbel DVD-stel) vertel die kleurvolle verhaal van Afrikaans. Verskeie geleerdes, skrywers en joernaliste gesels saam oor die taal se ontstaan, prestasies en die toekoms van Afrikaans in dié indrukwekkende minireeks.

Koop beide dié items teen slegs R500 (bespaar R150).

Hou kop, hou plek
Boekliefhebbers is dit eens: Byna enige stukkie papier, strokie en kaartjie is al ingespan om as plekhouer in ’n geliefde boek te dien. ’n  Stel boekmerke met die wyse, ware en treffende woorde van enkele van Afrikaans se grootste skrywers is daarom die ideale geskenk vir die boekwurm in jou lewe, of om sommer net jouself mee te bederf. Kry nou jou stel van twaalf vir minder as ‘n koppie boeretroos hier.

Veg en bou
In Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans beskryf Steyn die uitdagende én prysenswaardige werk van Afrikaanse taalaktiviste. Hy volg die pad van Afrikaans vanaf die wankelrige begin van die 1875-patriotte tot die onderhandelinge vir ’n nuwe demokratiese Suid-Afrika en die pogings ná 1994 om Afrikaans onder ’n nie-te-vriendelike regering te behou en te bevorder. Spaar R100 op hierdie puik titel! 

Maak ‘n knoop in jou oor

Bederf jouself (én ander) met ‘n stel van dié bok-, jakkals- of uilnotaboekies gevul met pittige Afrikaanse spreekwoorde wat op elkeen van hierdie (s)kattige diertjies van toepassing is.
Drie is beter as een, so koop ‘n stel en spaar!

Al dié produkte is beskikbaar in Kraal Uitgewers se e-winkel. Aanlyn bestellings is steeds oop – plaas jou bestellings vandag nog. (Versending sal plaasvind sodra grendeltyd wetgewing dit toelaat.) 
Terwyl jy vir jou bestelling wag, kyk gerus hieronder en trek vir jou ‘n blokkiesraaisel nader, of ‘n lekker inkleurprent vir die kleinspan.

Afrikaans inkleurprent

Kraal Afrikaanse Blokraai