- 1886: Gouddelwery word vir die eerste keer amptelik aan die Witwatersrand toegelaat en dit lok duisende fortuinsoekers na die gebied. Dié stormloop volg nadat George Harrison per toeval in Maart dieselfde jaar goud hier ontdek het. Die stormloop het uiteindelik tot die stigting van Johannesburg gelei.