9 April

  • 1678 – Die hoeksteen van die eerste kerkgebou in die Kaap word gelê.
  • 1679 – Volgens ʼn sensus wat in die Kaap gehou is, is daar 27 jaar sedert Jan van Riebeeck in die Kaap aangeland het 87 vry mans, 55 vroue, 117 kinders, 30 wit manlike-bediendes, 113 manlike slawe en 20 slawekinders.
  • 1820 – Die eerste Britse Setlaars kom in Algoabaai aan.
  • 1830 – Die koerant De Zuid-Afrikaan verskyn die eerste keer. Die laaste uitgawe verskyn op 8 April 1932.
  • 1902 – Die regerings van die Oranje-Vrystaat en die ZAR kom op Klerksdorp byeen om die moontlikheid van vrede te bespreek.
  • 1960 – ʼn Mislukte sluipmoordpoging op die premier dr. H.F. Verwoerd vind plaas toe David Pratt twee skote op Verwoerd skiet.