9 Junie 1862 – Argitek sir Herbert Baker gebore

Op 9 Junie 1862 word die argitek sir Herbert Baker in Kent, Engeland, gebore.

Baker is veral bekend vir sy ontwerp van die Uniegebou in Pretoria. Hy kom in 1892 na Suid-Afrika en ontwikkel kort voor lank ’n liefde vir die Kaaps-Hollandse boustyl en ontwikkel die Kaaps-Hollandse Herlewingstyl. Baker het ook ’n groot bydrae gemaak om die Eduardiaanse boustyl in Suid-Afrika te laat posvat. Hy was die argitek van verskeie indrukwekkende woonhuise en openbare geboue in Suid-Afrika insluitende die St. George-katedraal in Kaapstad, die hoofgeboue van die Pretoria-stasie en dié van Grey-kollege in Bloemfontein. Ná ’n vrugbare loopbaan in Suid-Afrika gaan Herbert voort om ook openbare geboue in Indië en uiteindelik weer in sy geboorteland te ontwerp. Hy is in 1946 in Engeland oorlede.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

(Foto’s: Die Atlas-beeld word op ’n toring van die Uniegebou in Pretoria geplaas en die Uniegebou teen ongeveer 1920; die hoofgebou van die Pretoria-stasie; die binnekant van die St. George-katedraal in Kaapstad. Bronne: The Heritage Portal en Wikimedia Commons)