9 Oktober

  • 1814: Andries Petrus Jacobus van der Walt, een van die eerste inwoners van Pretoria, is in die Graaff-Reinet-distrik gebore. Van der Walt word later die eerste veldkornet van die Magaliesburg-wyk en vestig homself in ʼn kliphuis noord van die Fonteine (waar die huidige Bereapark is).
  • 1835:J. du Toit, kampvegter vir Afrikaans, is op Dal Josafat, naby die Paarl gebore. Hy sou later onder meer medestigter van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) en redakteur van die eerste Afrikaanse koerant, Di Afrikaanse Patriot, word.
  • 1900: ʼn Groep van sowat 300 burgers val twee Britse groepe tydens die Anglo-Boereoorlog aan wat besig was om spoorlyne naby Vlakfontein in Natal te herstel.
  • 1899: Twee dae voordat die Anglo-Boereoorlog amptelik uitbreek, oorhandig staatsekretaris William Reitz die ZAR se ultimatum aan die Britse gesant Sir William Conyngham Greene. In die ultimatum stel die ZAR vier voorwaardes aan Brittanje, onder meer dat alle Britse troepe op die ZAR se grense teruggetrek moes word en dat troepe wat nog onderweg is na die land, nie aan land mag kom nie. Die ZAR dring aan op reaksie teen Woensdag 10 Oktober om 17:00 op die laatste.
  • 1914: Manie Maritz rebelleer teen ʼn opdrag van genl. Jan Smuts om Duits-Suidwes-Afrika tydens die Eerste Wêreldoorlog in te val.