Aanhaling van die week – 8 Februarie 2021: Weerbare Weemoed

Die sterwende minnaars is die beste minnaars.
Nog één keer verfris hulle hul met dou
uit die hemel, ligte floutes, ou kalwerliefdes,
nog één keer seep hulle mekaar se rûe in
met trane van ’n bloedarmoedige kind.

Uit: “Die sterwende minnaars”, in Weerbare weemoed deur Luuk Gruwez, in Afrikaans vertaal deur Hennie van Coller. Hierdie digbundel het onlangs by Kraal Uitgewers verskyn en kan hier in die e-winkel bestel word.