Aanhaling van die week – 13 September 2021: Flip Buys

“’n Staatsman wat die bestaansvraagstukke van sy eie land sowel as dié van ander lande verstaan, kan vrede en voorspoed handhaaf. Maar leiers van volke en lande wat dit nie begryp nie, kan hul mense in ’n bloedbad dompel wat in die ergste gevalle selfs tot algehele uitwissing kan lei.”

Flip Buys. Uit: Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur (2019). Hierdie boek is beskikbaar in die e-winkel van Kraal Uitgewers.