Aanhaling van die week – 15 Februarie 2021: Verset & Opbou

“Sommige Afrikaners kon die belang van die ontwikkeling van Afrikaans tot kultuurtaal nie insien nie, maar ander het deelgeneem aan taalhandhawing en die opbou van ’n Afrikaanse literêre en geestelike lewe wat die bemagtiging van Afrikaanssprekendes deur moedertaalonderwys tot op universiteitsvlak insluit.”

J.C. Steyn, Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans, p. 256.

Lees meer oor die geskiedenis van Afrikaans en die lofwaardige werk van verskeie taalstryders in Verset & opbou, verkrygbaar in Kraal Uitgewers se e-winkel teen R300,00.