Aanhaling van die week – 15 Maart 2021 – Weerbare Weemoed

“As een van die belangrikste Vlaamse neoromantiese digters probeer Gruwez in sy werk ’n alternatief skep vir die onvolkome bestaan. Dit is die skoonheid van die taal wat hierdie gemis moet goedmaak. Daarom ook die titel van hierdie vertaling: die benutting van taal bring weerbaarheid; poësie is ‘die amulet teen die vuur’.”

Hennie van Coller
(Uit: Inleiding tot Weerbare weemoed, uitgegee deur Kraal Uitgewers. Klik hier om dit in die e-winkel te koop.)