Aanhaling van die week – 22 November 2021: Henning van Aswegen

“Die agente word intensief opgelei in klandestiene kommunikasiemetodiek (kanale) en maniere om kontak te maak, sonder dat die teenspioenasiediens van die gasheerland agterkom waarmee hulle besig is. Spioenasie is in baie lande met die dood strafbaar; daarom is spioene en hul hanteerders uiters versigtig hoe hulle te werk gaan.” – Henning van Aswegen

(Spioenmeesters: Vriende, vyande en verraaiers van die 20ste eeu. Hierdie boek het pas by Kraal Uitgewers verskyn. Klik hier om dit in die aanlynwinkel te koop.)