Aanhaling van die week – 23 Augustus 2021: Flip Buys

“Suid-Afrika is nie tans op ’n goeie plek nie. Die politiek is deurmekaar, die ekonomie pap, misdaad vier hoogty, protesoptogte ontwrig die land, en die staat verval stuk-stuk. Daarby wys die gereelde rassestorms op sosiale media hoe broos die samelewing op sekere plekke is. Die prentjie lyk vir baie mense donker, en talle wonder of daar nog vir hulle ’n toekoms in Suid-Afrika is. Maar die verlede wys dat daar altyd ’n toekoms is. Dís die belangrikste les van die geskiedenis.”

Flip Buys. Uit: Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur (2019).

Hierdie boek is beskikbaar in die e-winkel van Kraal Uitgewers.