Aanhaling van die week – 3 Mei 2021: Ma se plek

“Elke ma is die middelpunt van haar gesin. Die emosionele barometer. Sy sorg vir ewewig en harmonie. Sy hou onderlinge verhoudings se ragfyn draadjies in haar hand. Sy keer dat hulle verstrengel raak of afbreek of slap hang.”

Lizette Murray, “Ma se plek”, Lig, Februarie 2018.