Aanhaling van die week – 8 November 2021: Ziets Fourie

“Ek het die wa en alles gebou soos wat sy nou staan. Ek het aanvanklik ’n loop van hout gehad wat ek self gemaak het. Daarna het die Kanonniersvereniging ’n loop gehad wat geskenk is om die kanon klaar te maak. Die agterkant van die loop is ’n presiese replika van die ou Grietjie en die loop voor is effe smaller aan die buitekant as die oorspronklike.”

Ziets Fourie, wat ’n replika van die Grietjie-kanon gemaak en aan die Bloedrivier-erfenisterrein geskenk het.
(“Replika van Grietjie nou op erfenisterrein”, Maroela Media, 13 September 2021)