ABO-studiedag: Alles oor die Long Tom-kanonne

deur Ilze Nieuwoudt 

Op 8 Junie vanjaar bied die ABO-studiegroep van Pretoria ’n indrukwekkende program aan – ideaal vir elke Anglo-Boereoorlogentoesias. Verskeie lesings oor onder meer die geskiedenis van Pretoria se forte; die organisasie van die ZAR se Staatsartillerie; en die geskiedenis van die bekende Long Tom-kanonne sal tydens die geleentheid deur vooraanstaande historici aangebied word.

Drie kitsfeite oor die ABO se bielie van ’n kanon

  1. Die amptelike naam van die Long Tom is die 155 mm Creusot-kanon en dit is in Frankryk vervaardig.
  2. Vier Long Tom-kanonne is vóór die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog deur die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) aangekoop om as fortkanonne in die Pretoria-forte gebruik te word. Dié kanonne het staanplek by Klapperkop, Wonderboompoort, Schanskop en Daspoort gekry.
  3. Die kanon was werklik ’n bielie van ’n wapen – die loop was meer as vier meter lank en het sowat 2,5 ton geweeg; indien die kanon teen die regte hoek geposisioneer was, het dit ’n trefafstand van nagenoeg 9 km gehad; die koeëls het ’n enorme 42,6 kg geweeg; en op gangbare paaie het dit tussen 12 en 14 osse gevat om een van dié kanonne te skuif.

Bespreek jou plek vandag nog

Tyd vir besprekings is vinnig besig om uit te hardloop. Maak daarom seker om so gou moontlik jou plek by vanjaar se ABO-studiedag te bespreek. Registrasiegeld beloop R350 per persoon en sluit alle lesings by die kantoor van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, besoeke aan historiese terreine, middagete en ’n skemerkelkie by Fort Schanskop in. Die program skop op Saterdag 8 Junie om 08:30 af en sal teen ongeveer 18:30 ten einde loop.

Kraal Uitgewers sal ook tydens die geleentheid top- historiese publikasies te koop aanbied. Moenie die geleentheid misloop nie.

Kontak Theo Ligthelm vir meer inligting by theo@crisismedicine.co.za.
Besprekings sluit op 31 Mei 2019.

Klik hier vir die volledige program.