Begrond: Die verhaal van hoop (nou ook by die KKNK)

Die historiese novelle Begrond uit die pen van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, het reeds oorweldigende reaksie by die publiek ontlok, met meer as 1 500 eksemplare wat reeds verkoop is. Voorlesings van dié treffende boek is onlangs op PretoriaFM en verskeie ander gemeenskapsradiostasies gehoor en nou kan KKNK-feesgangers ook by die PNA-boekestalletjie aanklop om dié boek aan te koop. Begrond is steeds by Kraal Uitgewers beskikbaar teen slegs R120 (posgeld uitgesluit). Klik hier vir meer inligting oor Begrond of om na ʼn voorlesing uit Begrond te luister.

Die skokkende plaasmoord op die plaas Opstaan! ruk ʼn familie tot stilstand en ontketen ʼn innerlike worsteling by lede van die Venter-familie, maar veral by die jong Faan Venter. Die moord op sy oupa krap ook ander wonde oop oor misdaad, diskriminasie en vervreemding. Tog vind hy hoop uit ʼn vreemde oord – die verlede. Deur die oë van sy grootouma word die moed en deursettingsvermoë van sy voorouers wat nie net die Anglo-Boereoorlog en sy konsentrasiekampe moes deurworstel nie, maar ook die daaropvolgende 1914-rebellie en die opstaan daarna ʼn werklikheid.