Begrond: ’n Verhaal van hoop

begrond-n-verhaal-van-hoopBegrond, ’n nuwe boek uit die pen van Dirk Hermann, vertel die verhaal van hoop wat oor sewe geslagte strek, van die Afrikaner se val en opstaan. Dié historiese novelle speel af tussen die stowwerige tente van die Heilbron-konsentrasiekamp, in die afgebrande plaashuis op die Vrystaatse vlaktes, in die krygsgevangenekamp in Ceylon en rondom die ou stinkhouttafel op die stoep.

In Begrond ruk ’n plaasmoord ’n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is. Sy terugkeer na die plaas krap wonde oop van woede oor die moord, misdaad, korrupsie en die verval van die land. Faan is wanhopig oor sy toekoms in Suid-Afrika, maar antwoorde op sy vrae oor die toekoms kom vanuit ’n onverwagte oord – uit die verlede, soos vertel deur sy grootouma, Katryn.Dié feitefiksie bied ʼn blik op die geskiedenis van die Afrikaner soos ervaar deur ’n familie wat daar was. Dit steun sterk op verskeie treffende ware gebeure uit die Anglo-Boereoorlog, die 1914-rebellie en die hede, en die nawoord bied aan die leser ’n interessante oorsig oor die feite waaruit geput is vir die Begrond-verhaal.Nou beskikbaar

Begrond is by Kraal Uitgewers beskikbaar teen R120 (R20-posgeld uitgesluit). Om Begrond te bestel, SMS “Begrond” sowel as jou naam en van na 32347, of stuur ʼn e-pos na kraal@kraaluitgewers.co.za.

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!