Begrond NOU beskikbaar!

begrond-n-verhaal-van-hoopBegrond ʼn historiese novelle uit die pen van dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, is onlangs bekendgestel en nou by Kraal Uitgewers beskikbaar. Lees verder. Klik hier.

In Begrond ruk ’n plaasmoord ’n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is. Sy terugkeer na die plaas krap wonde oop van woede oor die moord, misdaad, korrupsie en die verval van die land. Faan is wanhopig oor sy toekoms in Suid-Afrika, maar antwoorde op sy vrae oor die toekoms kom vanuit ’n onverwagte oord – uit die verlede, soos vertel deur sy grootouma, Katryn.

Begrond vertel die verhaal van hoop wat oor sewe geslagte strek, van die Afrikaner se val en opstaan, speel af tussen die stowwerige tente van die Heilbron-konsentrasiekamp, in die afgebrande plaashuis op die Vrystaatse vlaktes, in die krygsgevangenekamp in Ceylon en rondom die ou stinkhouttafel op die stoep.

Dié boek bied ʼn blik op die geskiedenis van die Afrikaner soos ervaar deur ’n familie wat daar was. Dié feitefiksie steun sterk op verskeie treffende ware gebeure uit die Anglo-Boereoorlog, die 1914-rebellie en die hede, en die nawoord bied aan die leser ’n interessante oorsig oor die feite waaruit geput is vir die Begrond-verhaal.

Oor die skrywer

Dr. Dirk Hermann is die uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit. Sy passie vir geskiedenis, die verhaal van die Afrikaner en sy liefde vir Suid-Afrika as sy enigste tuiste, is die hartklop van Begrond. Hermann het reeds verskeie ander publikasies die lig laat sien (Basta! Ons voetspore is in Afrika, Die keiser is kaal – waarom regstellende aksie misluk het, Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle 1990 tot 2012 en Regstellende trane). Begrond is ’n historiese novelle en Hermann se eerste fiksiewerk.

Om Begrond te bestel, SMS die woord “Begrond” na 32347. Prys: R120 (R20-posgeld uitgesluit) of klik hier om na die Begrond-blad geneem te word.