Binnekort beskikbaar: Kruispaaie en die wil om te oorleef

Die Afrikaner het sedert sy ontstaan voor verskeie keuses te staan gekom wat nie net die geskiedenis in ’n sekere rigting gelei het nie, maar ook dié groep se wil vir oorlewing sou beklemtoon. ʼn Nuwe boek getiteld Kruispaaie uit die pen van die bekende joernalis en geskiedkundige, dr. Leopold Scholtz, verskyn binnekort by Kraal Uitgewers en ondersoek juis hierdie draaipunte in die Afrikaner se geskiedenis tot in 2016.

Hoewel Kruispaaie die Afrikaner se besluite en keuses uit die verlede ondersoek, stel Scholtz ook hiermee ’n vraag aan die moderne Afrikaner oor die toekoms. “Die doel van dié boek is nie soseer om ’n klinkklare oplossing vir probleme aan te bied nie, maar eerder lig te werp op die huidige vraagstukke in die hoop dat dit ʼn bepaalde rigting kan aandui,” verduidelik Scholtz.

Kruispaaie word in April 2016 bekendgestel. Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting oor dié en ander nuwe Kraal-publikasies.

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!