Boek van die maand: Februarie 2016

Ons gaan ʼn taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare

Met Internasionale Moedertaaldag wat vanjaar op 21 Februarie gevier word, is die omvattende geskiedenis van Afrikaans, Ons gaan ʼn taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare, geskryf deur die taalhistorikus, prof. J.C. Steyn, aangewys as Kraal Uitgewers se boek van die maand. In dié boek vertel Steyn die verhaal van Afrikaans as moderne taal én moedertaal. Dit volg die ontstaan van Afrikaans in die 19de eeu tot by vandag se trotse taalbakens, ondersoek die groei en ontwikkeling van Afrikaans, asook die taal se terugslae en probleme. Ons gaan ʼn taal maak is beskikbaar teen R395. Klik hier vir meer inligting.