Kraal Uitgewers nooi u en ’n metgesel hartlik uit na ’n boekgesprek en bekendstelling van Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902, die jongste boek deur Leopold Scholtz.
Datum: Maandag 1 April 2019
Plek: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, Ziervogelstraat 574, Arcadia.
Tyd: 17:30 vir 18:00
Bevestig bywoning HIER of by kraal@kraaluitgewers.co.za. Vir meer inligting kontak die uitgewer by (012) 880 1953. Dit is noodsaaklik om bywoning vooraf te bevestig, aangesien beperkte plek beskikbaar is. Toegang is gratis.
Hierdie boek sowel as ander publikasies van Kraal Uitgewers sal by die geleentheid te koop wees.
Kontant en kaarte word aanvaar.