Boekbekendstelling – Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881

Kraal Uitgewers nooi u en ’n metgesel hartlik uit na ’n boekgesprek en bekendstelling van Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881, die jongste boek deur die historikus dr. Jackie Grobler.

Datum:  Woensdag 13 Maart 2019
Plek:      Kremetart-raadsaal, Solidariteit-hoofkantoor, D.F. Malan-laan, Kloofsig, Centurion
Tyd:       10:30 vir 11:00

Bevestig bywoning voor of op Dinsdag 5 Maart 2019 HIER of by kraal@kraaluitgewers.co.za. Vir meer inligting kontak die uitgewer by (012) 880 1953. Dit is noodsaaklik om bywoning vooraf te bevestig, aangesien beperkte plek beskikbaar is. Toegang is gratis.

Hierdie boek sowel as ander publikasies van Kraal Uitgewers sal by die geleentheid te koop wees.
Kontant en kaarte word aanvaar.

Lees meer oor die Eerste Vryheidsoorlog met Kraal Uitgewers se Dagboek van die Eerstevryheidsoorlog artikels en bestel vandag nog jou eksemplaar.