Boekbekendstelling: Gesels saam oor die Afrikaner se keuses van die verlede

boekbekendstelling-gesels-saam-oor-die-afrikaner-se-keuses-van-die-verledeKraal Uitgewers en die Solidariteit Beweging nooi u vriendelik uit na die bekendstelling van die nuutste boek uit die pen van Leopold Scholtz Kruispaaie: Afrikanerkeuses in die 19de en 20ste eeu.Kom luister wat die kenners oor die Afrikaner se keuses van die verlede sê in die paneelgesprek met Leopold Scholtz, Flip Buys, Fransjohan Pretorius en Barnard Beukman aan die woord en Kallie Kriel as gespreksleier. 

Datum: Donderdag 14 April 2016
Plek: Erfenisstigting, Voortrekkermonument-terrein, Eeufeesweg, Groenkloof, Pretoria
Tyd: 11:30 vir 12:00
RSVP: Ilze Nieuwoudt by ilze@kraaluitgewers.co.za voor Dinsdag 12 April

Meer oor Kruispaaie

Die Afrikaner het sedert sy ontstaan voor verskeie keuses te staan gekom wat nie net die geskiedenis in ’n sekere rigting gelei het nie, maar ook dié groep se wil vir oorlewing sou beklemtoon. Dié kultuurgroep se stryd om oorlewing is duidelik in onder meer die vestiging van die Boererepublieke, die keuse om Afrikaans as taal te vestig, die herwinning van politieke mag in 1948 en uiteindelik die verlies van mag teen 1994.

Kruispaaie plaas die fokus op dié en ander rigtinggewende keuses wat die Afrikaner gedurende die 19de en 20ste eeu geneem het en ondersoek die, soms rampspoedige, gevolge van dié besluite. Dit vra ook die brandende vraag prontuit: Het die moderne Afrikaners dit in hulle om binne die praktiese beperkings ’n herwonne toekoms te skep? Of sal hulle sagkens, soos ’n kers onder ’n maatemmer, uitgedoof word?

Besoek www.kraaluitgewers.co.za of skakel 012 644 4329 om Kruispaaie te bestel.