Boekbekendstelling: Is jy in Suid-Afrika BEGROND?

boekbekendstelling-is-jy-in-suid-afrika-begrondDirk Hermann se eerste fiksiewerk, Begrond, word binnekort bekendgestel. Dié boek beloof om oud en jonk daaraan te herinner hoe diep hul wortels in Afrika geanker is.Dit vertel die verhaal van hoop wat oor sewe geslagte strek; van die Afrikaner se val en opstaan en speel af tussen die stowwerige tente van die Heilbron-konsentrasiekamp; in die afgebrande plaashuis op die Vrystaatse vlaktes; in die krygsgevangenekamp in Ceylon en rondom die ou stinkhouttafel op die stoep.Begrond skets die verhaal van die Afrikaner se geskiedenis soos ervaar deur ’n familie wat daar was. Dié feitefiksie steun sterk op verskeie treffende ware gebeure uit die Anglo-Boereoorlog, die 1914-rebellie en die hede.

Ondersteuners van die Solidariteit Beweging word uitgenooi om die bekendstelling van hierdie boek, sowel as die onthulling van ’n geskiedkundige Afrikaner-beeld, by te woon.
Datum: Donderdag 8 Oktober 2015Tyd: 09:30 vir 10:00

Plek: Atterbury-teater, Lynnwood Bridge-winkelsentrum, h.v. Lynnwoodweg en Daventrystraat, Pretoria
Bywoning is gratis. Beperkte plek is beskikbaar. Bevestig bywoning by Paulize Mahon voor of op 1 Oktober 2015 (paulize@solidariteit.co.za).

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!