Boekbekendstelling: Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856-1923

Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856-1923 (deur Zelda Rowan) is die eerste in die opwindende nuwe Kraal Histories-reeks. Dié aangrypende biografie oor die lewe van Nonnie de la Rey, die eggenoot van die bekende Boeregeneraal Koos de la Rey, word op 23 Augustus amptelik in Pretoria bekendgestel en die publiek word uitgenooi om hierdie geleentheid by te woon.

Nonnie de la Rey: Pionier van die Wes-Transvaal, 1856-1923 volg die voetspore van een van die merkwaardigste vroue in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, vertel die verhaal van die eerste pioniers in die Wes-Transvaal, werp lig op Nonnie en Koos se nederige beginjare asook die gesin se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog. Dit is egter Nonnie se besluit om tydens die oorlog met haar kinders in die veld te swerf, om sodoende uit die hande van die Britte en die konsentrasiekampe te bly, wat haar lewe des te meer opspraakwekkend maak. Met die hulp van redakteur Fransjohan Pretorius slaag Rowan daarin om ’n deernisvolle biografie van ’n besondere vrou daar te stel en aan die Afrikanervrou ʼn regmatige plek in geskiedskrywing te verseker.

Die bekendstelling vind op Dinsdag 23 Augustus om 11:00 in die Manschappensaal van Fort Schanskop, op die Voortrekkermonument-terrein plaas. Bywoning is gratis. Beperkte plek beskikbaar. Bevestig bywoning voor of op Donderdag 18 Augustus by ilze@kraaluitgewers.co.za.

Kliek hier vir die volledige uitnodiging.

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!