Boekbekendstelling – Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans

Ter herdenking van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 nooi NALN en Kraal Uitgewers u hartlik uit na die bekendstelling van die taalhistorikus J.C. Steyn se jongste boek, Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans.

Prof. Hennie van Coller, navorsingsgenoot van die Universiteit van die Vrystaat, sal in gesprek wees met dié bekroonde Bloemfonteinse skrywer. 

Datum:      Woensdag 14 Augustus 2019
Tyd:             18:00 vir 18:30
Plek:           Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en                             Navorsingsentrum (NALN), h.v. President Brand- en                             Miriam Makebastraat, Bloemfontein
Toegang:   Gratis

In Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans beskryf Steyn die uitdagende én prysenswaardige werk van verskeie Afrikaanse taalaktiviste soos pres. M.T. Steyn, S.J. du Toit, C.J. Langenhoven en N.P. van Wyk Louw. Hy volg die pad van Afrikaans vanaf die wankelrige begin van die 1875-patriotte tot die onderhandelinge vir ’n nuwe demokratiese Suid-Afrika en die pogings ná 1994 om Afrikaans onder ’n nie-te-vriendelike regering te behou en te bevorder.

RSVP vóór of op 9 Augustus 2019 HIER of stuur ’n e-pos na kraal@kraaluitgewers.co.za

Beperkte plek is beskikbaar. Veilige parkering is beskikbaar langs die NALN-gebou, ingang vanuit Miriam Makebastraat.

Hierdie boek, sowel as ander publikasies van Kraal Uitgewers, sal by die geleentheid te koop wees.
Kontant en kaarte word aanvaar.

Die boek kan solank hier bestel word en sal beskikbaar wees vanaf 14 Augustus 2019. 
 
Hierdie publikasie is moontlik gemaak deur ʼn ruim finansiële bydrae van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.