Boekbekendstelling – Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902

Herbeleef die oorlog daar waar dit die felste geveg is – in die Wes-Transvaal! 

Jy en ’n metgesel word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902. Dit is die sewende en laaste boek in Kraal Uitgewers se gewilde Die erwe van ons vaad’re-reeks. ’n Historiese herdenkingsperderit wat van Bloemfontein tot Kimberley aangepak word, sal ook by die geleentheid bekendgestel en afgeskop word.

Datum:  Saterdag 23 Junie 2018
Plek:      Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, Monumentweg, Bloemfontein
Tyd:       09:30 vir 10:00

Bevestig bywoning voor of op Dinsdag 19 Junie 2018 HIER of by kraal@kraaluitgewers.co.za. Vir meer inligting kontak die uitgewer by 012 880 1953. Dit is noodsaaklik om bywoning vooraf te bevestig, aangesien beperkte plek beskikbaar is.

Toegang is gratis. ’n Komplimentêre museumtoer sowel as verversings sal na afloop van die bekendstelling aangebied word. Dié en ander beskikbare boeke in die Erwe van ons vaad’re-reeks sal ook tydens die geleentheid te koop wees. Kontant en kaarte word aanvaar.

Lees meer oor hierdie nuutste boek in die Die erwe van ons vaad’re-reeks en bestel vandag nog jou eksemplaar.