Boereoorlog-kalender vir 2017 nou beskikbaar

Dit is volgende jaar (2017) presies 115 jaar sedert die Anglo-Boereoorlog in 1902 beëindig is. Herdenk hierdie merkwaardige oorlog in ons geskiedenis met ʼn 2017-kalender uit Kraal Uitgewers se stal met die Anglo-Boereoorlog as tema.

Elke maand se blad bevat inligting oor prominente mense (mans én vroue) wat ’n groot rol gedurende dié oorlog gespeel het. Bekende helde, soos generaals Koos de la Rey en Christiaan de Wet, sowel as vroue insluitend Nonnie de la Rey en Emily Hobhouse, word in hierdie maand-vir-maand-kalender vereer. Ontmoet ook die minder bekende helde soos Johanna Brandt van die vroue se geheimediens en Tibbie Steyn, eggenote van die Vrystaatse president M.T. Steyn, wat haar eie merkwaardige bydrae tydens en ná die oorlog gelewer het.

Die kalender bevat ook brokkies met inligting oor enkele gebeure en persone uit die oorlog – soos die uitbreek van die oorlog in 1899, Emily Hobhouse se eerste besoek aan ʼn konsentrasiekamp en die dood van president Paul Kruger. Gedenk dié en ander helde uit die oorlog.

Die Anglo-Boereoorlog-kalender is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R80 (posgeld uitgesluit). Kontak die uitgewer by 012 644 4329 of stuur ʼn e-pos aan kraal@kraaluitgewers.co.za vir meer inligting. Plaas jou bestelling hier.

Kraal Uitgewers sal vanaf 15 Desember 2017 tot 8 Januarie 2018 gesluit wees. Dismiss

AfriVriendelik-opleiding

You have Successfully Subscribed!