breyten breytenbach: woordenaar, woordnar

Breyten Breytenbach is in 1999 en 2008 met die Hertzogprys bekroon (én het in 1984 die prys om politieke redes van die hand gewys). As deel van ’n huldigingsreeks oor Hertzogpryswenners het die bundel breyten breytenbach: woordenaar, woordnar in September 2019 – dieselfde jaar waarin dié skrywer sy 80ste verjaardag gevier het – verskyn. “In hierdie boek word op vernuwende wyse onderontginde fasette van sy (onthutsende én speelse) skryfambag en denklandskap in opstelle toegelig en ’n blik op sy loopbaan as skrywer en openbare figuur gebied. Die boek bevat ’n onderhoud met Breytenbach, ’n uitgesoekte bibliografie en ’n foto-afdeling,” skryf Francis Galloway, samesteller van dié boek.

Verskeie skrywers en letterkundiges het meegewerk aan die samestelling van dié boek wat toeganklik is vir lesers wat belangstel in die lewe en werk van een van Afrikaans se kleurrykste skrywers.

“woordenaar, woordnar is ’n gepaste huldeblyk aan een van Afrikaanse se grootste digters. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verdien lof vir die reeks pragpublikasies wat hopelik talle jong lesers aan Afrikaans se grootste skrywers en digters sal bekendstel. Die wye verskeidenheid onderwerpe wat in die bundel aan bod kom sorg vir ’n verrykende en intellektueel stimulerende leeservaring.” – Dewald Koen, LitNet Akademies

breyten breytenbach: woordenaar, woordnar is die vierde boek in die Suid-Afrikaanse Akade­mie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsreeks van Hertzog­pryswenners. Hiermee word hulde gebring aan die literêre kunstenaars wat oor dekades Afrikaans en Afrikaanse let­terkunde met hul werk verryk het. Die boek is hier as deel van ‘n pakket beskikbaar en sluit die volgende bundels in wat intussen in dié reeks verskyn het: Adam Small: Denker, digter, dramaturg; P.G. du Plessis: Hy was ’n rukkie pagter hier; Pieter Fourie: Teatermaker; en Johann de Lange 60: ’n Huldiging.


ISBN: 978-1-485-30484-5

Kategorieë: Boeke/ Niefiksie/ Letterkunde/ Biografie

Spesifikasies: Portret; 220 mm x 150 mm; sagteband; 416 bladsye

Redakteur: Francis Galloway

Skrywers: Willem de Vries, Willie Burger, Hein Viljoen, Alwyn Roux, Louise Viljoen, Catherine du Toit, Johann Rossouw, Francis Galloway

Uitgewer: Protea Boekhuis

Reeks: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Hertzogpryswenners-huldigingsreeks

Genre: Niefiksie