Category Archives: Afrikaans

Die Taaltrommel 12 Oktober 2020 – Volksetimologie 2

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Wat is volksetimologie? Dit is die vervorming in die volksmond van vreemde, verouderde en onverstaanbare woorde tot woorde met ’n bekende klank – dikwels met ’n humoristiese gevolg. Nog pittige voorbeelde van volksetimologie: baiesukkel (Engels: bicycle) dikstertmerrie (Engels: dictionary) dronknes (Engels: drunkenness) […]

Skrywersaanhaling van die week – 12 Oktober 2020: Dalene Matthee, Elsa Joubert

“Engels is weliswaar my beste vriend, maar ek moes ontdek dat my siel Afrikaans is. Vandag kan ek net sê Afrikaans was goed vir my. Baie goed. Ek skuld Afrikaans. En ek dink die vreeslikste ding wat ’n mens kan oorkom, is as jy nie in jou eie taal sou kon skryf nie.” Dalene Matthee […]

Spreekwoord van die week – 12 Oktober 2020: Hy eet soos ’n perd en slaap soos ’n klip

Hy eet soos ’n perd en slaap soos ’n klip. Gesê van iemand wat baie gesond is. (Bron: Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)

Woord van die week – 12 Oktober 2020: Pitkos

pitkos s.nw. 1. Kos soos mielies en koring wat uit korrels bestaan. 2. Stimulerende en betekenisvolle gedagtes.    (Samestelling van “pit” en “kos”, omdat stimulerende en betekenisvolle gedagtes as kragtige voedsel vir die gees beskou word.) (Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)

14 Oktober 1888 – Digter A.D. Keet gebore

Die Afrikaanse digter A.D. Keet (broer van die Bybelvertaler B.B. Keet) is op 14 Oktober 1888, op Alice in die Oos-Kaap gebore. Sy bekendste gedig, Muskiete-jag, het hy in sy losieshuiskamer in Nederland geskryf toe ’n groot muskiet hom lastig geval het. Nadat hy die muskiet doodgemaak het, het hy na bewering die reëls van […]