Category Archives: Aanhaling van die week

Aanhaling van die week – 27 September 2021: Dorothea van Zyl

“Lank voordat die uitdrukking ‘valse vriende’ gebruik is om woorde in Nederlands en Afrikaans te beskryf wat dieselfde lyk, maar wat mettertyd volkome verskillende betekenisse gekry het, het Suid-Afrikaners én Nederlanders al ervaar hoe sommige skynbaar onskuldige woorde kan lei tot verleentheid, vermaak of verwarring in mekaar se lande, om van misverstande nie eens te […]

Aanhaling van die week – 20 September 2021: Alana Bailey

“Met ’n betrokke, kundige en waaksame gemeenskap wat verantwoordelikheid vir ons erfenis neem, kan dit inderdaad soos die legendariese vuurvoël pragtig en kragtig uit die as herrys. Niemand is té oud, té jonk of té onmagtig om iets by te dra nie.”  Alana Bailey (Uit: “Met gemeenskapsbetrokkenheid kan erfenis ’n feniks wees”, Maroela Media, 23 […]

Aanhaling van die week – 13 September 2021: Flip Buys

“’n Staatsman wat die bestaansvraagstukke van sy eie land sowel as dié van ander lande verstaan, kan vrede en voorspoed handhaaf. Maar leiers van volke en lande wat dit nie begryp nie, kan hul mense in ’n bloedbad dompel wat in die ergste gevalle selfs tot algehele uitwissing kan lei.” Flip Buys. Uit: Die pad […]

Aanhaling van die week – 6 September 2021: François Venter

“Ek kan regtig nie eens dink wat ek al alles uit boeke – hetsy uit die skryf of uit die lees daarvan – ervaar het nie. Die plekke wat ek al kon besoek, en die mense wat ek al kon ontmoet … interaksie, kommunikasie, die deel van idees, begrip vir ander – dit alles vloei […]

Aanhaling van die week – 30 Augustus 2021: Flip Buys

“Dit is die plig van enige geslag om dit wat hulle van hul voorouers gekry het, te bewaar en te verbeter, en dan oor te gee aan die volgende geslag […] Dit is nie net ons plig nie, maar ook ons voorreg om ons kulturele erfenis vir die volgende geslag aan te gee.” Flip Buys, […]