Category Archives: Skrywersaanhaling van die week

Skrywersaanhaling van die week – 12 Oktober 2020: Dalene Matthee, Elsa Joubert

“Engels is weliswaar my beste vriend, maar ek moes ontdek dat my siel Afrikaans is. Vandag kan ek net sê Afrikaans was goed vir my. Baie goed. Ek skuld Afrikaans. En ek dink die vreeslikste ding wat ’n mens kan oorkom, is as jy nie in jou eie taal sou kon skryf nie.” Dalene Matthee […]

Skrywersaanhaling van die week – 5 Oktober 2020: Peet Venter, Gustav Preller, Rudie van Rensburg

“’n Mens se eie stel waardes is al waaraan jy nog kan vashou in ’n wêreld waar etiek en moraliteit daagliks tot in die hoogste gesagskringe verkrag word.” Peet Venter (3 Oktober 1940 – ), Afrikaanse skrywer wat veral bekend is vir sy spanningsverhale, maar tydens sy professionele loopbaan was hy aan ’n ingenieursmaatskappy verbonde. […]

Skrywersaanhaling van die week – 28 September 2020: DJ Opperman en P.J. Nienaber

My nooi is in ’n nartjie, my ouma in kaneel, daar is iemand … iemand in anys, daar’s ’n vrou in elke geur! (Uit: Sproeireën – DJ Opperman) DJ (Dirk Johannes) Opperman (29 September 1914-22 September 1985), een van die bekendste Afrikaanse digters en letterkundiges van die twintigste eeu. Hy ontvang vier keer die gesogte […]

Skrywersaanhaling van die week – 21 September 2020: Fanus Rautenbach en Marié Heese

“Ek is op ’n Sondag gebore – my ma het nie tyd gehad in die week nie. Ons het oorkant die tronk gewoon, want die tronk was vol.” Fanus Rautenbach (23 September 1928-29 Januarie 2011), legendariese radio-omroeper; skrywer van kortverhale, radiovervolgverhale, draaiboeke en ’n verskeidenheid boeke; uitstekende storieverteller; humoris; digter; vertaler. Rautenbach het verskeie toekennings […]

Skrywersaanhaling van die week – 14 September 2020: Helena Lochner en François Bloemhof

“Dit was eienaardig, maar ek het nooit nodig gehad om hierdie stories uit te dink nie. Hulle het somaar so vanself gekom. Selfs wanneer ek in die nag wakker word, kry ek ideë … Môre vroeg, wanneer ek wakker word, skryf ek dan my storie.” Helena Lochner (15 September 1892-15 Julie 1951), Afrikaanse skrywer en […]