Category Archives: Spreekwoord van die week

Spreekwoord van die week – 12 Oktober 2020: Hy eet soos ’n perd en slaap soos ’n klip

Hy eet soos ’n perd en slaap soos ’n klip. Gesê van iemand wat baie gesond is. (Bron: Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)

Spreekwoord van die week – 5 Oktober 2020: As dit op die een reën, drup dit op die ander

As dit op die een reën, drup dit op die ander. Almal word nie ewe veel geseën nie. (Bron: Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)

Spreekwoord van die week – 28 September 2020: Dansduiwel het hom beet

Die dansduiwel het hom beet. Hy is oordrewe lief vir dans. (Bron: Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)

Spreekwoord van die week – 21 September 2020: Erfgoed is swerfgoed

Erfgoed is swerfgoed. Kinders waardeer nie altyd wat hulle erf nie; hulle mors dit uit. (Bron: Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)