Category Archives: Alle artikels

Aanhaling van die week – 26 Julie 2021: Jaap Steyn

“J.H.H. (Jannie) de Waal het grootgeword in Kaapstad, waar daar soos elders gespot is met die taal van Die Afrikaanse Patriot. Sy eerste indrukke daarvan was egter ‘aangenaam’, selfs ‘inspirerend’ […] ‘ek het gevoel dat ek hier te doen het met ’n maklik te verstane, gesellige huisvriend’.” J.C. Steyn, Verset & opbou: Skrywers en politici […]

Spreekwoord van die week – 26 Julie 2021: In die nood leer ’n mens jou vriende ken

In die nood leer ’n mens jou vriende ken Iemand wat jou ook in nood ondersteun, is ’n ware vriend. (BRON: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)      

Die Taaltrommel 26 Julie 2021: Algemene Taalfoute

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. ’n Paar algemene taalfoute wat gereeld in tekste, verslae en korrespondensie voorkom: boord: aan boord van ’n skip; aan boord gaan (NIE: aanboord) (sosiale) platform: rekenaar-gebaseerde tegnologie wat die ontwikkeling, aanwending en bestuur van sosialemedia-oplossings en -dienste in werking stel […]

27 Julie 1863 – Susanna Catharina Smit (néé Maritz) sterf

  Susanna Catharina Smit (néé Maritz), eggenote van die geestelike leier van die Voortrekkers Erasmus Smit sterf op die ouderdom van 63 jaar. Die Kaalvoetvrou-monument op die Oliviershoekpas op die grens tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal (tussen Harrismith en Bergville) beeld Smit uit.