Category Archives: Geskiedenis

23 Oktober 1900 – Bothaville verwoes tydens ABO

Op 23 Oktober 1900, vandag 120 jaar gelede, is die Vrystaatse dorp Bothaville gedurende die Anglo-Boereoorlog deur Britse magte verwoes. Minstens 48 huise is in puin gelê, terwyl die kerk en enkele openbare geboue gespaar is. Die historikus Fransjohan Pretorius skryf hieroor in die boek Verskroeide aarde: “In Oktober 1900 het lt.genl. A. Hunter die […]

22 Oktober 1847 – Leeu van die Wes-Transvaal gebore

Lees meer oor De la Rey se merkwaardige loopbaan en lewe in De la Rey: ’n Stryd vir vryheid. Dié koffietafelboek beslaan meer as 570 bladsye oor De la Rey se lewe en is saamgestel deur die historikus A.W.G. Raath. Dit is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen die spesiale prys van R240, slegs geldig op […]

21 Oktober 1837 – Retief-trek span uit by Kerkenberg

Op 21 Oktober 1837 span die Retief-trek uit by Kerkenberg in die Drakensberge, terwyl Piet Retief se ’n klein geselskap in Port Natal aandoen om die streek te verken. Eerwaarde Erasmus Smit skryf oor die uitspanplek dat die besondere rotsformasie van die plek hom tot ’n kerk of plek van aanbidding sou kon leen – […]

20 Oktober 1899 – Slag van Talana

Op 20 Oktober 1899, vandag 121 jaar gelede, vind die Slag van Talana in die Anglo-Boereoorlog plaas. Dié veldslag was die eerste groot slag van die oorlog en het op Talana- en Lennoxkoppies buite Dundee in Natal plaasgevind. Boerekommando’s onder leiding van genls. Lucas Meyer, D.J.E. (Maroela) Erasmus en J.H.M. Kock het met die Britse […]

Barend Celliers – een dood, twee keer onskuldig

Kmdt. Barend Celliers

Deur Ilze Nieuwoudt Aan die einde van die Anglo-Boereoorlog in 1902 is uitvoerige vredesonderhandelinge gevoer. Amnestiebepalings is ooreengekom en vrede is op 31 Mei gesluit. Terwyl sommige verbitterd gelaat is deur die republieke se verlies aan onafhanklikheid, het ander ’n sug van verligting geslaak – want die bittere oorlog het oplaas tot ’n einde gekom. […]