Category Archives: Rebellie van 1914 – Dagboek

Rebellie van 1914 – Dagboek: 19 November 1914

Teen 19 November 1914 draai die gety nog sterker teen Christiaan de Wet en sy Rebelle se pogings om die Unieverdedigingsmagte gedurende die 1914-Rebellie te vermy. Die historikus dr. Jackie Grobler skryf soos volg oor dié dag in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915: “De Wet bevind hom by die samevloeiing van die Vet- en Sandrivier. Hy besef […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 12 November 1914

Op 12 November 1914, vandag 106 jaar gelede, vind gevegte tussen Afrikanerrebelle onder leiding van Christiaan de Wet en die Unieverdedigingsmagte (UVM) by Hoenderkop en Mushroom Valley (ongeveer 50 km suidoos van Winburg en 100 km noordoos van Bloemfontein) plaas. Die historikus André Wessels skryf hieroor in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915: “Die swak gewapende (en aanvanklik […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 3 November 1914

Op 3 November 1914 neem Christiaan de Wet en sy Rebelle die Vrystaatse dorp Lindley in. Sommige van die opstandelinge maak hulself blatant aan plundering van winkels skuldig. Op dieselfde dag beset Jan Kemp en sy perdekommando – wat uit 610 man bestaan – Schweizer-Reneke vir ’n paar uur lank. Hulle kommandeer perde, muile en proviant […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 26 Oktober 1914

Teen 26 Oktober 1914 is dit duidelik dat talle Afrikaners hul steun aan ’n Rebellie teen die Unieregering gee. Jopie Fourie en sy broer, Johannes Fourie, het byvoorbeeld net die vorige dag (25 Oktober 1914) by die rebelle aangesluit, terwyl nog ’n groep rebelle beheer oor die dorp Koppies geneem het. Op 26 Oktober 1914 […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 12 Oktober 1914

Na aanleiding van Manie Maritz se eensydige rebellie, kondig die Suid-Afrikaanse regering op Maandag 12 Oktober 1914 krygswet oor die hele unie af. Maritz het enkele dae tevore – op 9 Oktober – met nagenoeg 600 man by hom tot ’n rebellie oorgegaan. Genl. Christiaan de Wet kom ook op 12 Oktober in Bloemfontein aan. […]